Sunday, December 27, 2020

GAAN 2021 ANDERS WEES

                                                 

Na 25 jaar het die penny uiteindelik gedrop. Ek glo so..ek hoop so...dit beter so wees. So kan ek nie verder aangaan nie. Om jaar in en jaar uit nie eenkeer te kan sê"dit was nou 'n goeie jaar" nie. Ek's gatvol om nie een jaar te kan sê "ek het nie eenkeer hierdie hele jaar gebruik nie. Ek was nie eenkeer hierdie jaar dronk en het myself alweer geskaam vir my optredes", nie. Gaan volgende jaar die jaar wees? Dit moet net. Ek is verby myself. Moeg baklei, met almal en alles. Maar meestal met myself. Waarheen is die jare? My oudste dogter het sopas die huis verlaat. Heeltemal te vinnig en vir die verkeerde redes. Waar ek weereens 'n groot faktor was. Was ek maar 'n beter ma. Het ek maar 'n beter voorbeeld gestel. Hoe lank nog skuldig voel oor als in my lewe. Regrets, regrets, regrets.

Ek is 'n vrou. 'n Middeljarige vrou van 43 om presies te wees. Vier kinders wat deesdae meer moedeloosheid as plesier vir my gee. Hulle was so oulik toe hulle klein was, toe ek nog 'n se gehad het. Nou wil elkeen terugpraat, sy eie kop volg en my soms met geen respek behandel nie. Hoe kan hulle respek he vir my? Ek verdien dit nie. My man stry en se dat ons nog steeds hulle ouers is, Hulle moet ons respekteer. Maar ek weet hoekom hulle so optree. Word respek verdien, of vereis. Ek wonder baie keer. Ek moes respek betoon teenoor my ouers, of ek nou gedink het hulle verdien dit of nie. Waarom voel my kinders hulle het 'n keuse. Waarom kry ek dit nie reg?

Ek dwaal nou weer. Ek wou myself voorstel. Ek wil graag my storie vertel. Nou na 43 jaar omdat ek voel ek is reg daarvoor.. Nie omdat ek nou perfek is nie. Ver daarvan af. Maar omdat ek uiteindelik lig aan die einde van die tonnel gesien het. Hoop. Ook vir my.

GAAN 2021 ANDERS WEES

                                                           Na 25 jaar het die penny uiteindelik gedrop. Ek glo so..ek hoop so...dit beter so...